‘n Mallemeule-jaar…

Sedert 1994 het Suid-Afrika se mense só baie op sommige terreine bereik, maar só min op ander.  Daar is baie waarop ons kan trots wees, maar ons land kort nog baie harde werk en daar is nog lesse te leer.  Die afgelope jaar was ‘n kantelpunt vir baie Suid-Afrikaners – hulle het besef Suid-Afrika sal nooit weer dieselfde wees nie.

In ons jaareinde-boodskap vir 2016 het ons geskryf oor die sogenaamde “niemandsland”, ‘n woestyn-ervaring en ‘n tyd van swaarkry wat ons op verskillende maniere toets.  Dit is ongemaklik, maar die “niemandsland” is ook vrugbare teelaarde vir oorpeinsing, persoonlike groei en om nuwe perspektiewe, oortuigings en gewoontes te kweek.

2017 was beslis ‘n jaar van oorpeinsing, meer so as 2016. Ons het ‘n omvangryker visie vir ons land en ‘n ander kopruimte nodig om die nalatenskap van die verlede aan te pak en ‘n verenigde toekoms te bou.

Dus, wat kan leiers doen?

Ons het leierskapsdenke op ‘n ander vlak nodig

Albert Einstein het gesê : “Ons kan nie ons probleme oplos met dieselfde denkvlak as waardeur hulle veroorsaak is nie.”

Lorenzo Fioramonti, ‘n Politieke ekonoom aan die Universiteit van Pretoria en voorstander van die sogenaamde welstandsekonomie, sê: “Die wêreldwye strewe na ekonomiese groei veroorsaak dikwels meer verliese as winste wat die ongelykheid in gemeenskappe vererger. Solank ons hierdie groeimodel najaag, bly ons uit voeling met die werklike vraagstukke soos klimaatsverandering, armoede en ongelykheid.

In ‘n omgewing waar ekonomiese groei daal, is ‘n nuwe “resep” nodig. Pleks daarvan dat ons lae groei betreur, moet ons ‘n gesprek voer oor hoe ons die hulpbronne wat ons reeds het, beter kan aanwend. Lande moet eerder begin fokus op nuwe aanwysers wat menslike welstand, gesondheid en opvoeding kan meet.  Dit kan die begin van ‘n nuwe ontwikkelingsdenkwyse wees.

Ons verbruikerskultuur is selfvernietigend.  Ons preek oor matigheid, maar wanneer dit by ekonomiese beleid kom, verbruik ons soveel as moontlik en ons prys lande wat uitblink met hierdie verbruik.  As ‘n alternatief moet ons mense en die natuur voorop stel in ons ekonomiese doelwitte.  Ons het ‘n ekonomie nodig wat mense bemagtig; ons het ‘pro-bruikers’ eerder as verbruikers nodig – mense wat op ander maniere produseer en verbruik.”

Lorenzo se argumente strook met ons denke by Marathon en dit kan dalk die weg baan om Suid-Afrika se vraagstukke te oorkom. As ‘n land sal ons nooit voldoende hulpbronne hê om die ongelykhede van die verlede uit te wis nie.

Ons moet doen wat ons kan met wat ons het, eerder as om te kla oor wat ons nie kan doen met wat ons nie het nie.

Só ‘n benadering, tesame met die gees van eenheid wat ons met 1995 Wêreld Rugbybeker en die 2010 Sokker Wêreldbeker beleef het, kan Suid-Afrikaners en veral armes groter welstand en meer geleenthede bied.

Dink net wat kan gebeur as elke sake- en regeringsleier fokus op slegs drie dinge: hoe om die stelselmatige verbetering van die welstand, gesondheid en opvoeding van hul burgers en werknemers te meet en aan te pak.  Ons behoort almal binne ons invloedsfeer op hierdie wyse te lei.

‘n Opregte dankie

In tye van lae groei verstaan ons die waarde van lojale kliënte en ondersteuners.  Ons wil hierdie geleentheid gebruik om julle almal te bedank.  Sonder julle het ons geen sakeonderneming nie en sal ons nie ons groter visie om potensiaal te ontsluit en ‘n verskil te maak, kan uitleef nie.

Momentum by Marathon

2017 was ‘n jaar van opwindede ontwikkelinge by Marathon:

  • Marathon Consulting het ‘n gesamentlikeonderneming gesluit met SIT, ‘n internasionale konsultasiemaatskappy wat spesialiseer in innovering met sy hoofkwartier in Israel. 
  • Marathon Financial Services
    • Marathon Capital het ‘n aandeel van 25% in Incon Health bekom. Incon verskaf ‘n reeks beroepsgesondheids-, werknemerondersteuning-en gesondheidsdienste vir bestuurslui landwyd aan sekere genoteerde maatskappye.
    • Ons het ons onderneming vir bate- en lasteversekering, Nuvision Insurance Brokers, herdoop tot Marathon Insure. 
    • Ons het Marathon Wealth gestig, 'n multi familie kantoor Welvaartsbestuurder vir entrepreneurs en private kliënte.
    • Ons het Marathon Finance gestig, ‘n finansiëlebestuur diensverskaffer wat entrepreneurs ondersteun met intydse inligting via wolk-tegnologie.

Ten slotte gaan die Marathon Group teen die middel van 2018 na nuwe kantore trek.  Ons het nuwe kantore gekoop in Springfield Estate, reg langsaan ons huidige kantore.

Let's go

Wanneer jy ‘n betroubare raadgewer en vennoot nodig het om jou werkvrag te dra, is die Marathon-span gereed om saam met jou te hardloop.  Ons weet ons kan waarde toevoeg en jou help op hierdie reis. Bel ons vir ‘n koffie-gesprek, besoek ons kantore of by www.marathongroup.co.za

Ons wens jou ‘n besondere, gelukkige, rustige en veilige feesgety toe.

Dankie dat jy saam met ons hardloop!

Die Marathon-direkteure en span.