When the winds of change blow, some build walls, whilst others build windmills.
‘n Chinese spreekwoord

Elke dag ontwrig nuwe besigheidsmodelle die bestaandes. Ontwrigtende veranderinge is nou die nuwe normaal. Binne 'n sake-konteks is dit goeie nuus, want dit skep meer waarde vir kliënte.  In die politiek is onlangse ontwrigtende veranderinge verdelend – van Brexit tot Trump tot Zuma.

Die vraag is, hoe lei ons in 'n verdelende en verdeelde wêreld waar die retoriek van nasionalisme, stamgebondenheid, faksievorming en eiebelang meer mure as maatskaplike gebondenheid/sosiale kohesie bou? Deel jy die siening dat die oplossing daarin lê om anders te dink oor verandering en vooruitgang?

Ek was onlangs bevoorreg om 'n bestuurs- en leierskapsprogram saam met 38 afgevaardigdes van 17 lande by te woon. Drie indrukke het my bygebly:

  • Diversiteit en gesamentlike/kollektiewe debatte lei tot idees van hoë gehalte. 
  • Ongeag hoe verskillend mense is, sal hulle floreer indien hulle binne 'n ekosisteem leef wat verhoudings, interaksie en vertroue koester. 
  • Die “bose” (wesenlike, “turksvy”-) probleme van ons wêreld of die sakewêreld kan slegs opgelos word as ons ons denkwyse verander d.w.s. van transaksionele- tot meer geïntegreerde-, wedersydse- (of inklusiewe) en transformasiedenke.

Dr. Lalit Johri (68), die programdirekteur, het 'n gedig, “Where the Mind is Without Fear” met die kursusgroep gedeel. Hy onderrig al 40 jaar en lees hierdie gedig elke oggend vandat hy agt jaar oud was - dit is 'n gedagte wat 'n mens tot nederigheid stem en inspireer. In Indië waar hy skoolgegaan het, is hy en sy skoomaats die dieper betekenis van hierdie gedig geleer soos hulle deur hul vormende skoolloopbaan gevorder het. Dink hoe kragtig dit kan wees vir enige nasie. Toe ek die gedig die eerste keer gelees het, het ek stilgestaan en gedink watter betekenisvolle impak ek sou kon maak deur hierdie gedig daagliks uit te leef.  Ek hoop dit raak jou siel aan soos dit myne aangeraak het.

Where the Mind is Without Fear

Where the mind is without fear and the head is held high;
Where knowledge is free;
Where the world has not been broken up into fragments;
By narrow domestic walls;
Where words come out from the depth of truth;
Where tireless striving stretches its arms towards perfection;

Where the clear stream of reason has not lost its way;
Into the dreary desert sand of dead habit;
Where the mind is led forward by thee;
Into ever-widening thought and action;
Into that heaven of freedom;
My Father, let my country awake.

Kliek hier vir  'n verduideliking van elke reël in die gedig.

Momentum by Marathon

Ná 'n besige jaar in 2017, was 2018 'n jaar waarin ons skouer aan die wiel gesit het om die veranderinge in ons hoof-sakeeenhede vas te lê: Consulting, Capital, Insure en Wealth.
Hier is mylpale wat ons graag deel:

  • Die trek na ons nuwe hoofkantoor is uitgestel tot vroeg in die nuwe jaar. Ons is opgewonde om jou te nooi na ons nuwe kantore by Marathon House, Springfield Office Estate, Jip de Jager 109, Bellville in 2019.
  • Marathon Wealth is nou gelisensieer deur die Finansiële Sektor Gedragsowerheid. Ons het ook die dienste van twee ervare finansiёle adviseurs, Hector Viljoen en Jacques Wege, bekom en ons is ten volle operasioneel met drie welvaartspesialiste wat jou kan help met jou leefstyl- en welvaartskeppingsbehoeftes.
  • Ons is ook besig met ‘n proses om ons logo te vernuwe. Dit sal 'n subtiele verandering wees om te weerspieël wat Marathon is en waarin hy ontwikkel het, maar ons sal dit natuurlikerwys in ons werkswyse inkorporeer. Ná die konsolidasie van handelsmerke binne die Groep in 2017, het ons die oorspronklike slagspreuk van Marathon Consulting “Break your own record” heroorweeg. Ons nuwe groep-slagspreuk is “Think Further”. Ons loods dit wanneer ons in die nuwe kantore intrek. Die gedagte agter “Think Further” is dat vordering in jou besigheid en persoonlike finansies net gebeur wanneer ons verder dink as die norm en ons ons huidige ervaringsleer, oortuigings en aannames verskuif.

Hartlik dankie

In moeilike ekonomiese tye begryp ons die waarde van lojale kliënte en ondersteuners. Dankie dat ons van diens kan wees. Daardeur leef ons ons groter visie uit om 'n betekenisvolle verskil te maak in die lewe, sakewêreld en die gemeenskap.

Think Further

As jy 'n betroubare raadgewer nodig het om jou te help om verder te dink in jou onderneming of persoonlike finansiële doelwitte, staan die Marathon-span gereed om jou te ondersteun. Skakel ons gerus vir koffie, besoek ons kantore of ons webtuiste (www.marathongroup.co.za).

Ons wens jou 'n besondere, gelukkige, vreedsame en veilige feesseisoen toe.

Dankie dat ons jou denkvennoot kan wees!

Alwyn Rossouw, Marathon-direkteure en span.